Godfried van Bouillon

Godfried van Bouillon
Godfried van Bouillon
Godfried van Bouillon
(19e eeu), Louis Gallait, Senaat van België in die Paleis der Natie

Hertog van Neder-Lotaringe
Ampstermyn
1089 – 1100
Voorafgegaan deur Koenraad van Neder-Lotaringe
Opgevolg deur Hendrik I van Limburg

Voog van die Heilige Graf
Ampstermyn
22 Julie 1099 – 18 Julie 1100
Voorafgegaan deur Nuwe titel
Opgevolg deur Boudewyn I van Jerusalem

Graaf van Verdun
Ampstermyn
1086 – 1095
Voorafgegaan deur Mathilde van Toskane
Opgevolg deur Diederik I van Montbéliard
Ampstermyn
1076 – 1095
Voorafgegaan deur Godfried III van Lotaringe

Persoonlike besonderhede

Godfried van Bouillon (Frans: Godefroy; Duits: Gottfried; Latyn: Godefridus Bullionensis) (Boulogne-sur-Mer of Baisy-Thy, 18 September 1060Jerusalem, 18 Julie 1100) was 'n Franse edelman[1][2] en van 1087 tot sy dood (as Godfried IV) hertog van Neder-Lotaringe en een van die leiers van die Eerste Kruistog. Hy was die eerste heerser van die Koninkryk van Jerusalem (vanaf 1099 tot 1100), maar weier dié titel van Koning. In die plek hiervan verkies hy die titel van Voog of Verdediger van die Heilige Graf (in Latyn: Advocatus Sancti Sepulchri). Hy staan vandag algemeen bekend as die "Voog van die Heilige Graf" en "Koning van die Kruisvaarders".[3]

Godfried se ouers was graaf Eustaas II van Boulogne en Ida van Verdun, suster van hertog Godfried III van Lotaringe (Godfried met die Bult), wat Godfried (van Bouillon) in 1076 benoem het as sy erfgenaam. Keiser Hendrik IV van die Heilige Romeinse Ryk het egter besluit om die hertogdom aan sy eie seun, Koenraad van Lotaringe te gee, en slegs Bouillon en die markgraafskap Antwerpen aan Godfried. In 1087 het Godfried uiteindelik tog die hertogdom bekom as beloning vir sy dienste in die Keiser se oorlog teen die Sakse en teen Pous Gregorius VII.

  1. Riley-Smith 1998, p. 21.
  2. Riley-Smith 1998, pp. 93–97.
  3. Murray, Alan V. (2000). "Godfrey of Bouillon as Ruler of Jerusalem (1099–1100)". The Crusader Kingdom of Jerusalem: A Dynastic History 1099-1125. Occasional publications, vol. 4. Unit for Prosopographical Research, Linacre College (University of Oxford). pp. 70–77. ISBN 978-1-9009-3403-9.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search